Monday, November 27, 2006

Ef-el In Studio

Fotos: Alet Pretorius











Thursday, November 23, 2006

So, Ef-el het rockspaaider gewen...Volg hulle vordering hier.











Die berig wat in Beeld verskyn het na Ef-el rockspaaider gewen het:




Tweede keer ’n charm




woorde: Delia du Toit




Die geheim om Rockspaaider te wen?Kry een bandlid met lang Kurt Cobain-erige hare, een wat “half kan sing”, een wat die girls kan betower en skryf dan twee keer in.O, en jy moet hope talent ook hê.Éf-él, wenners van Rockspaaider 2006, het Donderdagaand by Aardklop die gehoor in vervoering gehad en weggestap as oorwinnaars.Hulle het verlede jaar ook ingeskryf en as naaswenners huis toe gegaan. ’n Jaar later is hul tegnieke egter perfek en hul energie aansteeklik.Die vierstuks is “beste vriende” en ’n mens kom dit agter in hul akkoorde, wat so goed soos hulle saamwerk.“Ons ken mekaar al van laerskooldae af, eintlik reeds van die hospitaal by geboorte af,” sê Fritz Bücker, hoofsanger.Om liedjies te skryf, sê Fritz, skryf hy ’n vers of twee en ’n refrein. Die hele band gee dan hul insette en werk saam om die song perfek te kry. “Ons is almal beste buddies,” sê hulle.Volgens Fritz is dit makliker om liedjies te skryf as ’n mens sad is. “Die woorde kom dan maklik uit. Jy moet honderd keer gelukkiger as gewoonlik wees as jy ’n liedjie skryf, of net ’n bietjie hartseer, dan is dit maklik.”Éf-él is almal matrikulante aan die Hoërskool Bronkhorstspruit, behalwe Naas van Jaarsveld (Takhaar), wat in Cultura is. “Dis hoekom my hare so lank mag wees, daar is nie te veel reëls nie,” sê hy.Hulle het almal op ’n jong ouderdom al musiek begin speel en baie van die lede het ook by Naas leer kitaar speel. Volgende jaar gaan Fritz joernalistiek aan Tukkies studeer en Jurian Bezuidenhout (drummer) gaan regte swot. “Sodat ek dié ouens uit die moeilikheid kan kry,” sê hy. Naas en Louwtjie Lensley (bass), gaan “’n bietjie chill”. “Ons gaan almal saam in ’n huis bly en rowwe goed doen,” sê hulle.Hul “band damager”, Pieter, gaan ook saam intrek. En wat gaan hulle doen nou dat hulle die wenners van Rockspaaider is? “Ons gaan eers kuier by Bourbon Street!” sê hulle gelyk. “Ons wil ook nog altyd musiek maak. Ons is almal baie lief daarvoor,” sê Fritz. Die naam, sê hulle, kom al van vroeër jare toe hulle ’n Engelse band was met die naam Finally Legalised. “Ons het dit verkort na F.L. en dit het toe Éf-él geword. “Ons het nie geweet ’n Éf-él is ’n kondoom tot ons laerskoolhoof ons eendag vertel het nie,” sê Fritz. “Maar ons is deel van die beter boodskap. Onthou jou éf-él,” sê hulle. ) Die Rockspaaider 2006-eindronde het verlede Donderdagaand by die Sedgar’s Park krieketstadion in Potchefstroom plaasgevind. Éf-él het teen Tugkomitee (Hoërskool Tuine, Pretoria), Tamatiestraat (Hoërskool Roodepoort, Johannesburg) en The Fragile Comets (Grey Kollege, Bloemfontein) deelgeneem.Éf-él wen: , Genoeg ateljeetyd om ’n CD met agt tracks op te neem, gedoen deur One Big Room Studios., ’n Musiekvideo van een van hulle songs, gedoen deur The Machine Room.




Lees nog berigte: